HOME
CONTACT US
LOG IN
AG 150176 Bonsmara Bul LOT
072
Information
Gallery
Description:
Soos nou al 'n tradisie – sluit ons die Veiling af met 'n top beproefde gebruiksbul. Lot 72
het baie goeie konformasie, weereens ‘n goeie skrotum en skede, baie mooi sterk kop en bek, mooi verdonkering, pigment en goeie vel en haar. Die bul sal ‘n groot bydrae lewer op bouvorm. Sy vaar is AG11-263 wat by André van der Heyde van die Springbokvlakte is. Sy Speen Maternaal is 108 en sy Speen Direk 115 - so hy gaan ‘n dramatiese positiewe invloed hê op speengewigte (+16kg). Sy Ma is ‘n top koei, sy het op 24 maande gekalf vir die eerste keer. Sy het 13 kalwers gegee en haar gemiddelde speen indeks is 110 – ‘n top koei wat uit ‘n goeie familie kom- dogter van AG95-059. Ons sien ook vir GBN4 van Gerhard Brönn, John Lichti, Gavin Bristow en J8 in die stamboom van hierdie bul – so kyk gerus mooi na hom. Die gemiddelde geboortemassa van hierdie bul se kalwers is 33kg wat ook baie in sy guns tel. Hierdie is ‘n veilige bul om te gebruik en wat ons met groot vrymoedigheid aanbeveel
vir enige kudde.
Notes:
Estimate Value:
R
-
Selling Price:
R
-
Reserve:
R
- No Reserve