AG 170005 Bonsmara Bul LOT 040







Hierdie is ‘n baie mooi diep seun van 'n bul van Chris Welman van Bultfontein - CEW11234 wat ons nog steeds gebruik in ons kudde (Ons het hom saam met Paul Maree en Benjamin Bosch).

Hy het regtig vir ons goed gedoen. Hierdie bul het baie mooi diepte en kapasiteit, goeie bespiering, sterk kop, mooi manlikheid, goeie skof-ontwikkeling, mooi testes, goeie bene en kloue en ‘n Ma wat baie goed gedoen het by ons. Sy het 7 kalwers gehad met ‘n gemiddelde TKP van 380 dae. Hierdie bul is relatief onverwant aan ons hoof bloedlyne. Ons sou graag sy onderkaak sterker wou sien maar dink nog steeds dat hy ‘n goeie bydrae kan lewer in enige kudde.Ook 'n bul vir kalfgemak.





R -


R -


R - No Reserve