HOME
CONTACT US
LOG IN
AG 170068 Bonsmara Bul LOT
022
Information
Gallery
Description:
Hierdie is ‘n seun van AG13-024 wat baie goed by ons gedoen het en verkoop is aan
Johan Goosen van Burgersdorp. Hy sê ook dat hy baie tevrede is met die bul en dat sy
kalwers baie mooi is. Hierdie familie gee deurgaans ligte geboortemassas, goeie melk en mooi skrotums. Soos u kan sien, hierdie bul is 112 op Geboortemassa Direk, 106 op Speen Maternaal en 103 op Skrotumomvang. Kyk gerus mooi na hierdie bul. Sy bouvorm is mooi diep, baie mooi skrotum, baie kort skede, uitstekende toplyn. Hy is ‘n tipiese seun van AG13-
024 wat vir u mooi gaan teel - bietjie korter op die been maar breedte en goeie bespiering is deurgaans by hierdie bul se Vaar se kalwers te sien. Die bul se Ma is ‘n baie mooi koei. Ons het haar op Jaap Prinsloo se uitverkoping veiling gekoop as ‘n top koei. Sy het vir ons baie goed gedoen. Sy het 8 kalwers geproduseer met ‘n TKP van 395 dae ten spyte van die skuif na ons toe. Haar TKP vandat sy by ons aangekom het is 309 dae, 338 dae, 375 dae, 369 dae en
321 dae – so hierdie koei is ‘n uiters vrugbare koei
Notes:
Estimate Value:
R
-
Selling Price:
R
-
Reserve:
R
- No Reserve