HOME
CONTACT US
LOG IN
JG 130632 Bonsmara Bul LOT
014
Information
Gallery
Description:
‘n Bul wat ons gekoop het by Johan en Colleen Jacobs van Douglas. Die bul het ‘n baie mooi bouvorm, baie diepte, goeie manlikheid, goeie kapasiteit, skede en testes. Hy het sterk bene, baie mooi toplyn, mooi skof-ontwikkeling en verdonkering. Ons het die bul gekoop as ‘n poena bul en hy het ook vir ons poena kalwers geteel. U kan gerus mooi na hierdie bul kyk, veral as u kudde redelik goed is op groei want sy groei is nie heeltemal so hoog nie. Ons het die bul goed gebruik met heelwat kalwers nog in die “pyplyn”. Die gemiddelde geboortemassa van sy kalwers is 35kg en die gemiddelde speen indeks van hulle is 103. Hierdie is een van die min bulle wat ons ingebring het van die Weste na die Ooste wat baie goed en baie vinnig by ons aangepas het. ‘N Bul wat ons met vrymoedigheid aanbeveel om op groter koeie te gebruik om geboortemassa in toom te hou en om bietjie af te kom op hoogte. Die bul se skouerhoogte is 93 so hy is nie eintlik klein nie maar ‘n goeie, sterk bul om te gebruik
Notes:
Estimate Value:
R
-
Selling Price:
R
-
Reserve:
R
- No Reserve