HOME
CONTACT US
LOG IN
AG 140141 Bonsmara Bul LOT
012
Information
Gallery
Description:
Hierdie is nog ‘n seun van AG08210. ‘n Baie mooi bul wat uitstekende konfor-
masie en bouvorm het. Die bul se Teelwaardes is ook baie mooi - bo rasgemiddeld op Melk, 110 op Geboorte Direk dus ‘n veilige bul om te gebruik om die geboortemassas af te bring. ‘n Bul wat definitief `n goeie rol kan speel in enige kudde. Die bul het ‘n skrotumomtrek van
105, bouvormgewys is hierdie bul baie naby aan perfek. Hy het ‘n baie goeie skede en skrotum, bene, kloue, toplyn, kruis, stertaanhegting en mooi skof-ontwikkeling. Ons het ‘n broer van hierdie bul verkoop as Lot 8 op die 2019 Produksie Veiling. Lot 8 se Ma - AG09-467 is verkoop aan Christoff Smit van Marble Hall. Sy het onder andere ‘n bul verkoop aan Pieter Grobler van Dullstroom, asook ‘n seun wat in Malawi loop wat deur die Jakhura Familie aangekoop is vir
hul projek daar. Dan het sy ook ‘n bul verkoop aan Johan Dannhauser van Parys. Sy is ‘n goeie koei met ‘n gemiddelde TKP van 382 dae oor 7 kalwers en sy is verkoop op ons Produksie veiling van 2019. Die bul se Teelwaardes self is 113 op Geboorte Direk, 100 op Melk, 105 op Skrotumomvang – werklik waar ‘n bul wat u in enige kudde kan gebruik. Indien u geboortemassas te swaar is, kan hierdie bul dit afbring.
Notes:
Estimate Value:
R
-
Selling Price:
R
-
Reserve:
R
- No Reserve