HOME
CONTACT US
LOG IN
AG 140092 Bonsmara Bul LOT
006
Information
Gallery
Description:
n Seun van AG08210. ‘n Bul met besonderse bouvorm, baie mooi diepte, asook goeie bespiering. Hy het ‘`n mooi skede, skrotum en perfekte verdonkering - nog ‘n beproefde bul wat ons met vrymoedigheid aanbeveel. Kyk mooi na hierdie bul- ons dink dit is een van die beste bulle van die veiling. 109 op Speen Maternaal, 112 op Speen. Direk – so hy gaan groot impak hê op speenmassas (netto effek op speenmassa is +_16kg.) Sy Skrotumomvang is 124. Op skouerhoogte is hy 99 - nie te hoog nie, maar hy het goeie lengte van 111. ‘n Beproefde bul waarvan ons reeds 62 kalwers geregistreer het, met `n gemiddelde geboorte massa van 34kg. Sy Ma het onder andere ook ‘n bul in Malawi maar sy is relatief vroeg dood. Sy is ‘n dogter
van FCT06-109 wat ook vir ons goed gedoen het – sy kalf die eerste keer op 24 maande. Lot 6 het ‘n groot rol in ons kudde gespeel. Ons gebruik reeds van sy seuns en ek dink hy gaan ‘n goeie merk maak. AG14-092 is ook gebruik deur Gert Nel van Reddersburg/Bloemfontein en hy het ook by Gert mooi geteel. Skrotumomvang 116 – hierdie bul se bouvorm is baie mooi.
Baie kort skede, goeie skrotum, goeie bene, kloue, toplyn en diepte asook ‘n mooi donker kleur en `n mooi Sanga skof. Hy het definitief ‘n goeie bydrae in ons kudde gelewer - met ‘n gemiddelde geboortemassa van 33 kg oor 66 geregistreerde kalwers. Dus ook ‘n bul wat ons kan aanbeveel vir of verse of om die geboortemassa van die koeie af te bring. AG13-147 kom uit ‘n interessante stamboom uit. Hier sien ons Hansie Steyn HJS03-016, ook Derek Ivy, Genepoel BG96-125 en AG00-100 (AGJ8 lyn) wat ook vir ons baie goed geteel het. Kyk gerus mooi na hierdie bul - hy behoort definitief ook vir u te werk vir laer geboortemassas
en goeie bouvorm.
Notes:
Estimate Value:
R
-
Selling Price:
R
-
Reserve:
R
- No Reserve