AG 130456 Bonsmara Bul LOT 004







‘n Baie manlike bul met ‘n perfekte toplyn, perfekte skede, baie goeie testes, bene en kloue. `n Sterk bek, mooi pigment, en bespiering. Hierdie bul is baie goed op geboortemassa, 117 op Ge-

boorte Direk en op Melk is hy op rasgemiddeld. Die gemiddelde geboortemassa van sy kalwers is 30kg. Hierdie is ‘n bul wat ek definitief kan aanbeveel vir verse of vir die geboorte van ligter kalwers, dus `n baie veilige bul. Die bul is ook 16,8% ingeteel op AG02-251 – so hy behoort baie

erfdwang te hê. Sy Ma is ‘n baie goeie koei- AG04-418. Sy het 12 kalwers gegee met ‘n gemiddelde TKP van 367 dae en ‘n gemiddelde Speen-indeks van 100 op 12. Sy is verkoop aan Pik Schultz van Potchefstroom op ons Produksie Veiling van 2018. Verder verkoop ons van haar verse aan Johan Goosen van Burgersdorp en Chris Boshoff van Delmas. Sy het ook bulle verkoop aan Dr. Piet Jansen van Carolina asook Gerrit Victor van Frankfort. ‘n Koei wat uitstekend vir ons gedoen het en oor goeie genetika beskik.





R -


R -


R - No Reserve